Duur: Zumpie soek so ’n sonaangedrewe toilet.
Pres. Jacob Zuma het sy hand diep in ’n sonaangedrewe toilet gedruk om die hitte te voel wat dit vrystel en toe net daar besluit hy wil ook so ’n toilet hê.
Msholozi het sommer ’n hele klomp van die toilette vir Nkandala in KwaZulu-Natal bestel. Dit sal vroeg in die nuwe jaar as hyself daar is, afgelewer word sodat hy dit persoonlik kan uittoets.
Hy het die kopie gemaak terwyl hy deur die Progressive Business Forum se uitstallingstent by Mangaung gestap het. Een toilet gaan vir R6 500, maar Geo Heyns van African Sanitation, sê Zuma sal net R4 000 per toilet betaal. Dis nou sit-sit so vir Msholozi.
https://www.youtube.com/watch?v=02Ahn6e1v5k&list=UU2GsGTaOLtIIiOJbF3vmmVw&index=4