Yes, please! Wie gaan Maria Sharapova keer? Sy lyk op die oomblik onstuitbaar in die Aussie-Ope.Foto: Reuters
Nadat Maria Sharapova die stomme Venus Williams eergister in Melbourne in die derde ronde van die Aussie-Ope verpletter het, het sy wild feesgevier en met haar vuiste in die lug gepomp.
En hoekom nie, want dit was immers die eerste keer wat sy dit regkry om Williams in een van die grotes pak te gee.
Sharapova is besig om een van die heel beste tennistoernooie van haar lewe te speel en het tot nou toe al die ander vroue wat oor die titel droom, laat regop sit.
Sy het in die eerste ronde seker gemaak niemand dink sy is net nog ’n sexy poppie in ’n geel tennisrokkie nie. A nee, a! Daai kurwes is pure yster! Sharapova het in die eerste twee rondes haar teenstanders met 6-0, 6-0 afgeslag – die eerste keer die afgelope 18 jaar dat enige speler dit in ’n Grand Slam regkry.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.