Pa en seun:Nou staan geen kroek ’n kat se kans nie! Foto: Nu Metro
SKOP, skiet en dônner!
Dit is presies wat jy gaan kry as jy by ’n Die Hard movie instap. Dit was so met die vorige vier flieks en dis ook so met die vyfde een wat dié naweek begin wys het.
Dis reg, Bruce Willis is terug vir ’n vyfde keer se yippie-ka-yay, en dié keer roep hulle die storie A Good Day to Die Hard.
Die mission is om sy seun (’n CIA-agent, gespeel deur Jai Courtney) uit die kloue van ’n klomp wrede Russiese mobsters te red.
Dis pa en seun wat dubbeldoor-aksie veroorsaak, maar die hartseer ding skop sommer blitsvinnig in: Wie gee ’n dooie dônner om? Huh? Die eerste drie Die Hard-flieks is classics wat hier so tussen die 80’s en die 90’s uitgekom het. Die vierde een (meer onlangs) was al reeds over the top en dus gaan ’n vyfde een die grootste pot belaglikheid nóg onder die son wees.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.