Dracula: Dié arme laaitie is glo aan die nek beetgekry deur die adjunk-direkteur van Hoërskool JW Luckhoff.
Hoërskool JW Luckhoff, ’n verbeteringskool net buite Heidelberg, trek alweer aan die kortste end met ’n beweerde hellefeeks aan die spits.
As die skool nie ingedoen word deur die staat met subsidies nie, word ’n SANGOMA wat duiwels uitdryf en kinders AANRAND as straf, as hulle adjunk-direkteur aangestel! Audrey Mtimkulu is deur maatskaplike werkers aangestel om die probleemkinders bietjie reg te ruk – en sy het haar plig omtrént letterlik opgeneem.
Dié sangoma is nou van aanranding aangekla nadat sy ’n 15-jarige laaitie aan die keel gegryp het en hom rondgeruk het tot hy met ’n helse slag met die aarde kennis gemaak het.
Volledoige berig in die koerant.