Groot stories: Die manne van Prime Circle is besig met ’n paar gróót dinge.
Die nuwe CD van Prime Circle voorspel vir dié groep local boytjies gróót dinge op die horison.
Jy moet maar dophou, want een van die dae gaan hierdie ouens dalk nes Seether meer in die buiteland wees as hier op ons eie plaaslike verhoë. Dis nou hul vyfde album, Evidence, waarmee hulle hul fans nou net so voor Krismis slaan. Die manne was maar met opset vir ’n lang ruk stil op ons plaaslike rockverhoë, want hulle wil seker maak hierdie nuwe plaat het moerse trefkrag.
So sewe of agt jaar gelede het Prime Circle hulle debuut gemaak op ’n Oppikoppi-verhoog. Van daar af was die pad net straight boontoe. Hulle het intussen hulle drummer vervang én ’n keyboard-speler bygekry. Deesdae is dit die drie stigterslede, Ross Learmouth op sang, Dirk Bisschoff op kitaar en Marco Gomes op bas saam met Neil Breytenbach op keyboard en Dale Schnettler op dromme.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.