Pinocchio: Het Joost kêns geraak? Of probeer hy publieke simpatie kry? Foto: Christiaan Kotze
Joost van der Westhuizen is besig om sy varkies te verloor!
Die oud-Bok het die afgelope week in ’n string Twitter-boodskappe ’n dwarsklap of twee na sy eksvrou, die glanspersoonlikheid Amor Vittone, gemik. Joost, wat aan motorneuronsiekte ly, het verlede Donderdag eers by Twitter aangesluit en tot gistermiddag ’n hele 42 tweets gestuur.
Die meeste het ’n sportstrekking gehad, maar hy het een keer genoem dat hy bitter graag saam met sy kinders in die sneeu sou wou kerjakker.Maar dit was twee ander tweets wat die aandag getrek het.
Volledige berig in die koerant.