Vat so, jou booswig! Die Hard fans weet baie goed mens sukkel nie met John McClane nie.
Yippee ki yay, mother Russia!
Dít is op die poster van die nuwe Die Hard-fliek en ja, Bruce Willis gaan ’n VYFDE keer kom gesig wys as die rateltaai polisieheld John McClane. Die fliek se naam is A Good Day to Die Hard en dis klaar in post-produksie. Die voorprent van dié nuwe fliek wys reeds dik stukke op YouTube en mense is opgewonde oor die aksie-extravaganza wat in 2013 op die silwerdoek gaan wys.
Een van die kroeks in die nuwe fliek is Patrick Stewart (van X-Men en Star Trek) en dié keer het hierdie kaalkop akteur ’n dik Russiese snor. Volgens die Internet Movie Database (IMDb) word daar vermoed Stewart speel een of ander Russiese militêre bad ass, maar nog nie veel is daaroor bekend nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.