Wintie: Dis mos nou ’n sportmotor wat jy lekker in die draaie kan looi.
Ek vrek oor sportmotors en my hart wil uit my keel spring as ’n nuwe een gelaunch word.
Toyota se nuwe sportmotor die 86 is een van die Kar van die Jaar-finaliste wat tonge op die teer laat sleep het.
So wat skuil dan onder die spoedvraat se kap: 147 kW teen 7 000 r/min en 205 Nm se wringkrag teen 6 400 tot
6 600 r/min. Vir sowat R329 400 kry jy ’n regte sportmotor met ’n 2.0 liter-bokserenjin en dié wintie is ook nie die ergste suiplap onder die son nie.
Volgens Toyota kry hy die goeie syfers van 7.8 liter per 100 km. Die 86 hol die 0 tot 100 km in 7.6 sekondes. Die meneer se enjin is in die neus en hy het agterwielaandrywing. Toyota spog ook dat die 86 die wêreld se mees kompakte viersitplek-sportmotor is.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.