Aitsa! Marilize Bowker en Anél Diedericks byt ’n ding raak! Lian Fourie, SA se eie Van Wilder werk al maande lank hard om sy nuwe spiertiervoorkoms vir die wêreld af te show. Foto: Dawid Roux
Suid-Afrika se eie Van Wilder, aka Lian Fourie, kan kies en keur tussen die girls, en hulle val behoorlik oor hul voetjies om in dié partytjiedier se goeie boekies te kom.
Maar om “nee” te sê vir ’n shoot saam met ’n Playboy Playmate is nou wragties ’n eerste. Sondag het vroeër berig oor Lian se warm vrysessie met April se Playboy Playmate, die eenling Tatum Jenzen.
Die tweetjies het eers ingestem om saam ’n shoot te doen, maar Lian het toe eerder besluit om ’n top15 Sports Illustrated swemkleremodel, Marilize Bowker (20), en ’n opkomende modelletjie, Anél Diedericks (18), te gebruik om sy nuwe spiertiervoorkoms vir die wêreld te wys en in aanmerking te kom vir ’n voorbladgeleentheid by die gewilde tydskrif Men’s Health.
Volledige berig in die koerant.