Uitstekend! Prometheus se special effects is nou uit die boonste rakke.
Ridley Scott het besluit om weer ’n sci-fi movie te maak en SLAAN DIE WÊRELD VIR ’N SES!
Sien, vroeër vanjaar het Prometheus-akteur Michael Fassbender (daai ou wat Magneto in X-Men: First Class was) in ’n onderhoud gesê dié splinternuwe rolprent gaan ’n voorafstorie wees vir die outydse Alien-fliek wat Ridley Scott ook gemaak het.
Amper soos daai Robin Hood-fliek met Russell Crowe wat ook ’n voorafstorie was. Of Fassbender dit nou gesê het om almal se aandag af te trek is onbekend, want die wêreld het bitter min van Prometheus af geweet voor hy op die silwerdoek begin wys het.
Volledige berig in die koerant.