PRAGTIG! Wil jy, nes Jessica Simpson, met ’n indrukwekkende halslyn spog? Dan moet jy ons boobjob-kompetisie nie misloop nie!
ALMAL weet Sondag hou van boobs en nou is dit jou kans om ’n paar pragtige SPLINTERNUWE BUUSTE te wen!
Ons boobjob-kompetisie skop hierdie week amptelik af, so oor ’n paar maande kan jy dalk sit met ’n paar splinternuwe buuste!
Onthou hierdie kompetisie is slegs vir kosmetiese chirurgie en nie om enige skade reg te maak nie. Laas jaar se wenner Zandri Barnard sê sy is baie gelukkig en raai elke vrou aan om in te skryf.
So, waarvoor wag jy? As jy dink jy of jou vrou of meisie het regtig ’n behoefte aan mooi boobs, moet jy inskryf!
Menere, julle is nie uitgesluit nie. Ons het julle eerlike, volronde opinie nodig.
Elke week moet daar vir die beste inskrywings gestem word. Onthou, nie jou gesig of regte naam word gepubliseer nie, BEHALWE AS JY DIE UITEINDELIKE WENNER IS. Daarom moet jy ook ’n skuilnaam uitdink wat saam met jou foto gaan kom.
Dit moet ’n kleurfoto wees van jou tweeling en dan moet jy ook ’n kort beskrywing gee waarom jý die boobjob verdien.