Sjoe! Jy kan dalk Sondag se eerste Bikini-bokkie wees!
AS jy dink jou lyf laat mans na hul asems snak, moet jy nou mooi aandag gee!
Sondag is
op soek na sy eerste Bikini-bokkie, ’n kompetisie waar die aanskoulikste bikini-lyfie aangewys sal word. Daarom moet jy nou jou bikini uit die kas gaan grou en solank jou foto’s vir ons stuur! Elke week sal Sondag-lesers dan die mooiste inskrywings vir die week kan aanskou.
Groot pryse is op die spel vir die meisie wat haar foto’s instuur en wie weet, dalk lei dit na ’n loopbaan as model! Lesers sal ook kan stem vir hul gunstelingbikini-lyfie en kan dan ook pryse losslaan.
Ons sal in die
komende uitgawes bekendmaak wat die pryse is, maar dis beslis die moeite
werd! Neem in ag dis NIE vir die Sondag se Stukkie-blad waar die meisies geen bikini-bo-stukke aan het nie. Ons is op soek na die meisie wat die mooiste lyk in ’n volledige bikini.
As jy inskryf, let op die volgende punte:
Jy moet 18 jaar of ouer wees en mag nie meer skoolgaande wees nie.
Stuur dan ’n vollengte-foto, plus ’n kop en skouers-foto na foto@sondag.co.za
Die foto’s moet so groot moontlik wees.
Sluit jou volledige naam, adres, telefoonnommers en e-posadres in, met ’n kort beskrywing van jouself en waarvan jy hou.