Koebaai: Sewentien winkels in Pelgrimsrus moet hul deure sluit. Foto: Dawid Roux
Pelgrimsrus gaan teen einde Julie finaal sy gat sien.
’n Totaal van 17 besighede is Vrydag kennis gegee dat hulle teen die einde van die maand hulle sakkie moet vat en in die pad val. Die historiese goudmyndorpie is in 1986 as nasionale monument verklaar en derduisende toeriste het al spore in Pelgrimsrus se strate gelos.
Die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer het in Oktober al van die geboue geadverteer en mense moes tenders indien wat in November gesluit het. Die departement se woordvoerder, Dumisa Malamule, het dit bevestig.
Volledige berig in die koerant.