GROEP: Die Boere Krisis Aksie-facebookgroep het naastenby 40 000 likes
Vrae word gevra oor hoe ’n regse organisasie wat veral bedrywig is op Facebook hul donasiegelde aanwend.
Hannes Engelbrecht, een van die stigterslede van die Boere-krisisaksie (BKA) is veral onder skoot na daar die afgelope week op Facebook beweer is dat hy onlangs ’n dorpshuis “kontant” gekoop het. Die BKA bestempel hulself op hul Facebook-blad as ’n politieke organisasie en daar is ook al na hulle verwys as ’n burgerregte-organisie.
Nêrens op die BKA se webwerf of Facebook-blad word daar gespesifiseer presies waarvoor die gelde aangewend word nie. Daar is wel besonderhede van ’n rekening by Capitec-bank wat só duidelik vertoon word dat jy dit nie kan mis nie. Sondag het ook betroubaar verneem dat daar binnekort ’n klag by die polisie se handelstak gelê kan word en dat die BKA se geldsake dan onder die vergrootglas geplaas kan word.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.