Vroueslaan-tyd: Chris Brown saam met Rihanna, die vrou wat hy geneuk het oor sy hom glo herpes gegee het. Foto: Media24
Suid-Afrikaanse feministe is in rep en roer, want die selferkende VROUESLANER-SANGER Chris Brown is hier!
En dit nogal so kort op die hakke van die 16 dae van aktivisme vir geweld teen vroue en kinders wat onlangs tussen 25 November en 10 Desember gehou is! Nou goed, Suid-Afrikaanse mans mag dalk self nie engeltjies wees nie – ons staan tog immers bekend as die “RAPE CAPITAL OF THE WORLD” – maar selfs hier word daar oor Brown se teenwoordigheid gebrom!
Die 23-jarige Brown, wat sy superstermeisie, Rihanna, in 2009 pimpel en pers geslaan het oor sy hom glo herpes gegee het, het Vrydagaand op OR Tambo-lughawe geland om die land aan die brand te erm… sing. Hy hou vertonings in Johannesburg, Durban en Kaapstad.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.