Smeulend: Danica Patrick is ’n spoedvraat en ook vrek sexy!Foto: sportsillustrated.com
Daytona, Florida. Gentlemen and lady, start your engines!
Die Amerikaners het nog altyd geglo dat toeskouers waarde vir hulle geld moet kry. In Nascar gaan dit beslis oor showbiz en die 75 miljoen fans wat jaarliks amper R20 miljard aan Nascar-merchandise spandeer.
Formule 1 ingesluit, is dit die een kategorie in motorsport waar daar amper elke jaar groei in kykertalle en populariteit is. Nascar behoort aan die France-gesin, wat dié skouspel vanjaar nog ’n groter spectacle wil maak.
Vanjaar maak die sogenaamde sesde generasie V8-Nascars hulle buiging in die Sprint Cup-reeks. Die drie betrokke fabrikate het almal nuwe modelle gelaunch en almal lyk meer soos die ware Jakob, wat verseker dat die man op straat hom volkome daarmee kan assosieer. Getrou aan die Yanks: alles gemik op verkope!