Kaboem! Duane Vermeuelen bars weer oor die voordeelyn. Foto: Reuters
As die Springbokke op dié rugbytoer betaal is vir die hoeveelheid werk wat hulle gedoen het, sou die voorspelers skatryk teruggekom het.
Vir die derde agtereenvolgende week het die Bok-pak soos ’n klomp ysters gejol en veral die drie losvoorspelers, Francois Louw, Willem Alberts en Duane Vermeulen, was vir die Bokke goud werd. Dié drie monsters het die bal menigmaal oor die voordeellyn gedra, moewiese têkkels ingesit en balle op die grond gesteel.
Die slotte Juandré Kruger en Eben Etzebeth het ook gereeld die bal gedra en seker gemaak die lynstane is ’n sukses. Veral Etzebeth was ’n reus in die lynstane.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.