Eish, nog ene! Rory Kleinveldt het 12 foutballe afgestuur.Foto: AP
Die Proteas sal hulle sokkies moet optrek en ook hulle dissipline in orde moet kry, anders gaan hulle nie veel langer die wêreld se beste toetsspan wees nie.
Die Aussies se krieketspan het in die eerste toets, wat Dinsdag onbeslis geëindig het, 13 SA paaltjies platgetrek, terwyl die Proteas net vyf van die Aussies se penne kon laat kantel. In die proses het die Aussies die SA boulers disnis gemoker. Maar dis nie al rede tot kommer voordat die tweede toets Donderdag in Adelaide begin nie. Suid-Afrika se boulers het 23 foutballe afgestuur. Dis absoluut onaanvaarbaar!
Die groot sondaar is Rory Kleinveldt, wat sy toetsbuiging vir die Proteas gemaak het. Hy het 12 foutballe geboul. Vernon Philander wou ook nie agterbly nie en het agt foutballe afgestuur. Kleinveldt se 12 foutballe was meer as al die Aussie-boulers s’n saam.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.