Ster in eie reg: Sarel Fourie het vandeesweek Facebook gejoin en gaan blykbaar lank saam met ons wees.
NEE, Chris Chameleon het nie sy naam verander nie!
Dis ook nie ’n bedrieër wat sy foto’s onder die naam van Sarel Fourie op Facebook geplaas het nie.
Tog is die Sarel Fourie-profiel, wat onlangs op Facebook oopgemaak is, wél Chris Chameleon se handewerk!
“Sarel Fourie is die karakter wat ek in die nuwe plaaslike fliek, Fanie Fourie’s Labola, vertolk,” het Chris aan Sondag gesê.
“Sarel is ’n popster met ’n rits treffers, hy hou van paartie en is baie lief vir sy vrou en ma.”
Met 40 TV-reekse en films op sy kerfstok, kan Chris blitsvinnig ’n gedaanteverwisseling ondergaan en in sy karakter se vel klim.
“Hoekom Sarel sy eie profiel op Facebook geopen het, sal net hy kan antwoord. “Hy’s ’n groot ster en geregtig op sy eie profiel. Hy gaan nog lank saam met ons wees!”
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.