Volkshelde: Sunette Bridges tydens ’n antivryheidsdag-optog op 16 Desember verlede jaar in Middelburg. By haar is genl. Tinus Gey van Pittius, leier van die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW).
Terwyl kind en kraai die week Nelson Mandela se 94ste verjaarsdag gevier het, het Sunette Bridges die woordswaard teen die ou man opgeneem!
Die sangeres beskou hom nie as die vader van die nasie nie, maar as DIE VADER VAN DIE GEWAPENDE STRYD. En die merrim, wat haarself klaarblyklik aangestel het as die vroulike leier van die Afrikanervolk, het net mooi BOGGHEROL op Madiba-dag gedoen.
Dit terwyl Dozi, Elvis Blue en kie. vir ’n hele week 67 minute per dag aan hulle medemens afgestaan het. Sunette het Woensdag op haar Facebook-bladsy geskryf: “Ek sien die Liberaliste het op my toegesak omdat ek nie in hul Madiba-Euforie deel nie!… en by gebrek aan woordeskat om my toe te snou, is ek nou ’n Rassis!”
Volledige berig in die koerant.