Jacques Potgieter probeer die Crusaders se Zac Guildford stop. Foto: Getty Images
Die Bulls het gister in Christchurch twee dinge gekort in hulle Super-game teen die Crusaders – ’n kaptein en ’n losskakel.
Die Crusaders het met ’n helse boem begin en die Bulls soos ’n klomp bomskok-slagoffers laat rondhol. Dis in só ’n geval waar ’n ordentlike kaptein ná 20 minute se sukkelspel sy troepe bymekaar sou kry om hulle te kalmeer.
Die Bulls se kaptein, Pierre Spies, was egter doodgelukkig om nes die res van sy spanlede soos slagoffers voort te ploeter.Morné Steyn was die ander ou wat die Pretorianers duur te staan gekom het.
Volledige berig in die koerant.