Lekker fris: Die buite-aansig is lekker manlik met fyner ontwerp-nuanses as wat mens aanvanklik dink. Foto: Dirk lotriet
EK het oor die jare al baie gehoor dat die X-Trail ’n uitstekende voertuig is, maar ek het hom nooit te ernstig opgeneem nie. Want sy voorkoms was darem heeltemal te boksierig na my sin. Nie sulke mooi, vloeiende lyne soos die Honda CRV of die Toyota RAV4 nie.
Die afgelope week het ek met een rondkerjakker en ek moet tot my skaamte erken ek het dié Nissan heeltemal onredelik op sy baadjie getakseer. Ek sal my ou tekkies agterna kan gooi as ek só een in my garage kan parkeer. Dis ’n briljante voertuig dié!
Dit was oor die jare bietjie onregverdig om die X-Trail met die RAV4 en Honda te vergelyk.
Hierdie twee ouens is heeltemal vaardig op swak grondpaaie en in die veld, maar is in hulle harte maar stadskarre.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.