Steve: Hy moes die beledigings maar soos ’n man vat!
‘Steve, die feit dat jy nie weet hoe om ’n kondoom te gebruik nie, maak my die TWEEDE domste blonde in die land!”
Glo dit of nie, maar dié woorde het Dinsdagaand uit die mooie Minki van der Westhuizen se mond uit gekom. Steve Hofmeyr was die ou wat homself vir ’n toffie uitgegee het en hy is woes gelek. Tydens Comedy Central se Roast of Steve Hofmeyr het ’n klomp bekendes die geleentheid gekry om mekaar behoorlik sleg te sê en sommer platvloers te beledig.
Ons ouens hier by Sondag het darem ook die voorreg gehad om dié eksklusiewe geleentheid in lewende lywe by te woon. Die mooie Minki was deel van die paneel saam met onder andere Shaleen Surtie-Richards, Casper de Vries, Trevor Noah en John Vlismas.
Volledige berig in die koerant.