Vattie twakkie: Die nuwe CR-V het ’n lekker aggressiewe houding.
DIE nuwe Honda CR-V is ’n plesier om te ry – of dit nou in Jozi se slaggat-besaaide strate of op die langpad is.
Ek was agter die stuur van die superluukse 2.4 liter AWD en dié bielie maak mince van al die hobbels en dergelike onplesierighede op ons paaie.
Die 2.4 iVTEC-petrolenjin skop ’n fris 140 kW met wringkrag van 220 Nm. Dis oorgenoeg woema as jy moet versnel en die CR-V se clearance verseker dat jy tog te heerlik in die bos kan gaan speel met dié SUV.
Volgens Honda kry dié CR-V 8.7 liter per 100 km, wat vir sy grootte en spiere goeie syfers is. Honda het ook ’n Econ-knoppie in die binneruim ingesit om seker te maak die sousgewoontes ruk nie heeltemal hand-uit nie. Dit help ook Moeder Natuur om makliker asem te haal.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.