Onskuldige seuntjie? Oscar kan glo nie ophou huil nie. Foto: Antonie de Ras
Hotel 224. So word daar verwys na die Brooklyn-polisieselle waar die lemnaeler, Oscar Pistorius, tot Dinsdag toe gaan deurbring.
Wenkbroue is die week gelig en die tonge het geklap oor die sogenaamde VOORKEURBEHANDELING wat die beweerde MOORDCELEB in die selle ontvang.
Die media kon Vrydag nie naby Oscar kom nie. Hy is onder sterk polisiebewaking selle toe gevat. Hy het ’n kappie oor sy kop gehad en sy familie het glo ook sy sel toegepak. Hy kon nie ophou huil nie, vertel ons bron.
Brigadier André Wiese, stasiebevelvoerder van Brooklyn, sê: “’n Mens sal nie sê hy is ’n bekende atleet nie. Hy lyk soos ’n seun.” Waar verhoorafwagtendes gewoonlik oorgeplaas word na die Sunnyside- of Sentraal-gevangenisse is die Valentynsdag-skieter, soos hy nou bekendstaan, na die BESTE SELLE IN PRETORIA geneem.
Sunnyside en Pretoria-Sentraal se selle is stinkende hole waar grafitti teen die mure pryk en die kos soos varksaagsels en braaksels proe. Die Brooklyn-polisiekantoor is onlangs aangewys as die skoonste en beste polisiekantoor in Pretoria en Oscar se regspan het daarop aangedring dat hy daar aangehou word. Nou hoekom?
Ander beweerde moordenaars word in vuil selle gestop en soos moordenaars behandel, maar by Brooklyn kry die mannetjie skoon beddegoed, ’n enkelsel met ’n stort en ’n stoeltjie om op te sit. Boonop kloek die polisiemanne ook oor hom en hy kry hulp as hy vra. Volgens een van ons bronne is die sel ontsmet en skoon gewas. Die sel het geblink soos ’n nuwe paar lemme.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.