TROEPIES: Hup, twee, drie, vier!Foto: Foto24
’N ORGANISASIE wat op Facebook geld insamel, kwansuis om oorlogsveterane finansieel te help, is nie geregistreer as ’n nie-winsgewende organisasie in terme van artikel 21 van die maatskappyewet nie.
Dít beteken dat die SADF Veterans Organisation tans nie onderworpe is aan enige ouditte nie en dat hul deursigtigheid dus veel te wense oorlaat.
Hul regsverteenwoordiger, adv. Gert van Niekerk, het by navraag aan Sondag gesê hulle is in die proses om hulself as ’n artikel 21-maatskappy te laat registreer.
Intussen laat hulle duidelik nie toe dat die wetlike proses in hul pad staan om donasies van die publiek in te vorder nie.
Die groep vra op hul Facebook-blad sowel as op hul webblad reeds vir donasies en ledegelde.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.