Sexy kurwes: Dis mos nou wragtig mooi of hoe? Foto: Dawid Roux
Nou ja, as jy niks hare soos die uwe het nie, is dit maar moeilik om te voel hoe die wind met jou hare jol terwyl jy ’n cabriolet gas gee.
Gelukkig is my bokbaard nogal lank en kry ek so half en half ’n idee. Dit terwyl ek agter die stuur van die windgat Audi A5 Cabriolet Quattro S5 was. Dié meneer is een helse lekker speelding en skop kan hy skop. Seker Heyneke Meyer sal dit laaik. Onder die kap van daai 3.0 liter V6-enjin skuil ’n bemoerde 245 kW en ’n erg omgekrapte wringkrag van 440 Nm.
Daai V6 grom hard en die S5 hol die 0 tot 100 km/h-ren in ’n blitsige 5.4 sekondes. Mens verwag slegte suipgewoontes van só ’n spoedvraat, maar volgens Audi kry hy 8.5 liter per 100 km. Ek moet bieg, die syfers wat ek gekry het was ietwat hoër, maar ek het die petrolpedaal ordentlik gekielie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.