e-tol: Die stryd duur voort. Foto: Foto24
Terwyl al hoe meer Gautengers soos bang hondjies op hulle rûe gaan lê en die vloek van e-tol aanvaar, staan Cosatu vas: Ons gaan nie hierdie IMMORELE belasting betaal nie en BASTA!
Zwelinzima Vavi, Cosatu se groot kokkedoor, het ’n beroep op motoriste gedoen om die stelsel homself te laat vernietig. “Moet nooit al jou eiers in een mandjie sit nie. Ons het nog opsies. Maak e-tol onwerkbaar – moenie e-skyfies koop nie! Intensifiseer die veldtog in Maart 2013!
Vavi het Donderdag getweet dat die hofuitspraak ten gunste van Sanral en e-tol ’n groot terugslag was. “Ons het gedog die hof gaan ons red daarvan om R75 miljard te betaal eerder as die R20 miljard wat vir die opgradering van die paaie geskuld word. Die stryd duur voort!”
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.