Hartebreker! Dan Carter sink die Iere met ’n drop goal.Foto: Getty Images
Dis mos hoe toetsrugby moet wees! Hard en tot in die laaste minuut in die weegskaal. En dit is presies wat in gister se tweede toets in Christchurch tussen die All Blacks en Iere die geval was.
Ierland kon nog nooit die All Blacks klop nie en al het hulle gister hoe hard probeer, kon hulle dit steeds nie gister regkry om aan die wenkant te wees nie.
Die Iere was egter stewig op pad om die tweede keer ooit ’n gelykop uitslag teen die manne met die Silwer Varing te bewerkstellig, maar die gesoute All Black-losskakel Dan Carter het al wat ’n Ier is se hart gebreek toe hy in die laaste minuut ’n drop goal deur die pale geklits het.
Volledige berig in die koerant.