Wroem! Die GS450h spog met ’n meer aggressiewe voorkoms wat sy V6-enjin goed komplementeer.Foto: Quickpic
Die nuwe jaar het aangebreek en mens mag maar drome droom soos om in totale weelde te leef.
Ek het tog te lekker gedroom toe ek die classy Lexus GS450h bestuur het, want die weeldewa bederf jou met elke kilometer agter die stuur of in die binneruim. Dié GS spog met ’n 3.5 liter V6-enjin wat 213 kW en ’n woeste 345 Nm skop.
Die spogkar is verder toegerus met ’n kragtige elektriese motor en hoëkragbattery wat vir ’n totale kraglewering van 252 kW sorg.
Die 250h is ’n volledige hibried wat slegs op petrol- of elektriese krag kan loop, of dan ’n kombinasie van beide. Die GS verbaas ook met sy suipgewoontes, want ’n V6 wat volgens Lexus net 6.2 liter per 100 km kry is glad nie te versmaai nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.