Laat waai pappie! Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk Zitzewitz, ry dat die stof so staan. Foto: Reuters
Die 35ste Dakar-tydren, wat oor 14 dae en 8 574 km strek, het gister met groot fanfare in Lima, Peru, afgeskop.
Altesaam 1 700 deelnemers en ondersteuningsmense en 471 voertuie uit 53 lande het gister vir die eerste skof tussen Lima en Pisco opgedaag. Die oudste inskrywing is die 71-jarige Argentyn Francisco Regunaschi, terwyl die 19-jarige Kaaskop Robert van Pelt die jongste is.
Dis veral die eerste deel in Peru waar skrikwekkende hoë duine ’n paar spanne kan uitboul. Die tweede deel in Chili is oor ’n vinniger deel, terwyl die derde deel in Argentinië die manne se uithouvermoëns tot die uiterste sal beproef voordat hulle op 20 Januarie in Santiago, Chili, enige seggenskap op die gesogte Dakar-trofee kan hê.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.