Braaivleis: Steve gaan op sy moer kry.
Los vir Pierre Spies uit, hy’t klaar vir homself ’n naam gemaak, Jan van Mooinooi. Gaan neem jy ballet, dan maak jy jou naam gat, dan het jy ook iets gedoen. Ek glo nie jy kan rugby speel nie, jy skree seker vir WP en jy sal wat wil gee om soos Spies te lyk. – Rugby-girl
Die mense wat Morné Steyn so afkraak: Ek wil net weet, bestaan die hele Springbokspan net uit hom om punte aan te teken? Wat van die ander 14 spelers? – Van Leonie
Bryan Habana en Ricky Januarie het drie jaar lank swak gespeel en in die Bokspan gebly. Los nou maar vir Morné Steyn uit! – Jan
Dis net absoluut lagwekkend hoe die Bullls-ondersteuners se platvloerse mentaliteit en gebrek aan opvoeding in die SMS-kolom deurkom. Die spreekwoord “money cannot buy class” kom darem duidelik deur. – Stormer
Pierre Spies hoort nie eers in die Vodacom-reeks met sy swak spel nie. Hy en Wynand moet ’n band begin en hulself die glamour boys noem. – Hannes B
Stormer-ondersteuners, neem asb kennis: Bulle het reeds drie superbekers gewen en die Stormers niks, zero, ziltch, nokoll!! – Jan
Ek sou verlief kon raak op ’n foto waar sy bakkies regtig opgefok is vir al daai Blou Bul-kak wat hy so sing! – H v Northam
Ag Sondag, probeer julle nou geld maak om Mofmeyr op die voorblad te sit? Ek daag julle uit om my SMS te plaas. – Jfbd
Uitdaging aanvaar! – RED.
Ek word wakker. Kry ’n SMS. Ons Stevie is opgefoeter… dadelik smoorkwaad. LMGA! Sondag, julle is grapgatte.
– Tinki
Wat ’n moerse teleurstelling! Heel opgewonde kyk ek deur die koerant om Mofmeyr se opgefokte bakkies te sien en die rede daarvoor – en daar is niks. – Anoniem
Ag wat, Steve, blou-oog en bloedneus – jy’s steeds een van my gunstelinge. – Oums
Julle sal nie kan dink nie, maar toe ek jonk was, het ek die k@k uit almal gemoer en nou moer almal my. Dit wys jou dat jou beurt vir eens en altyd verby is. Daar kry jy weer ’n nuwe generasie wat jou uitsort, Steve is nie cool nie. Dis sy tyd om op sy moer te kry. Ek is net so oud soos hy en het my windgatjare gehad. Moer sy groot bek toe, jongmense.
– Anoniem
Julle lae wetters wat vir Steve so geslaan het, julle sal dit nie alleen regkry nie. Julle is net jaloers op hom. Steve, kom haal my, dan sal ons hulle een vir een uithaal. – Dirk, Germiston
As Steve regtig so geslaan is, sien ek ook kans vir daai (klomp) ouens. Ek is lankal lus vir ’n maklike fight. – Pieter, Rustenburg