Eerlike bakkie: Die NP300 gaan jou vat waar jy wil wees.
DAAR is mense wat graag van bakkies praat asof hulle vroue is.
Jy hoor hulle in die watergat of om die braaivleisvuur sê: “Sy kan nogal ’n vrag dra as jy haar laai.” Of: “Vandat ek haar laat diens het, is sy glad nie meer so dors nie.”
Jy moet dít liewer nie met die Nissan NP300 doen nie, want as jy daai gewoonte het, gaan jy moet sê sy is goedkoop en maklik. En dít laat die Nissan klink na iets wat hy nie is nie.
Ja, die NP300 is goedkoop om te koop en maklik om mee saam te leef. Maar daar is niks terterigs aan dié bakkie nie. Dis ’n eerlike, hardwerkende werkesel wat jou jare se uitstekende diens gaan gee sonder om te mor. Hy gaan jou by moeilik begaanbare boupersele of by jou beeste in die veld uitbring en nie vir die geringste molshoop breek nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.