Die verdoemende woorde van ’n top-ekonoom dat kospryse die hoogte gaan inskiet, voorspel DONKER DAE vir almal van ons.
Mike Schüssler het Vrydag gesê die prys van mielies gaan ’n invloed op alle kospryse hê. Dis volgens hom nie net saadpryse wat gaa
n opgaan as gevolg van die samesmelting tussen die Amerikaanse Pioneer Hi-Bred en die plaaslike Pannar Seed nie.
Amerika se mieliestreek gaan tans gebukkend onder droogte en selfs al is die droogte verby, gaan brandstof- en elektrisiteitspryse steeds ’n impak hê. Intussen is ons mielieprys vanjaar reeds 44% hoër as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Sondag het vroeër gewaarsku hierteen. Ons land is die kaskos van suidelike Afrika en nadat Mugabe eiehandig die Zimbabwiese ekonomie lamgelê het, moet SA pa-staan.
Intussen gaan die armstes van die armes in die land nog armer word. Die enigste uitweg vir dié mense gaan wees om te steel vir oorlewing. En wie gaan hulle teiken?