Ou Suurknol: Yoda was nog nooit ’n ou wat nonsens gevat het van ouens met slegte Force nie.
’N DRIEDUBBELE Star Wars comeback is straight op pad na jou toe, en dié keer het ons bewyse.
Disney het mos die afgelope jaar die hele Star Wars franchise gekoop en ons hoor mos net hoe dreig-dreig hulle om nuwe Star Wars-flieks te maak.
Ons weet nou nog nie presies wanneer hierdie nuwe flieks uitgereik gaan word nie, maar die Internet Movie Database (IMDb), het dié week al daai gerugte bevestig dat daar beslis ’n nuwe Star Wars-trilogie op pad is oor die volgende drie jaar.
En hoe weet ons hulle is ernstig? Hulle het die 3D-heruitreikings van hulle ou flieks eers gestop.
As jy laas jaar Phantom Menace in 3D gaan kyk het, gaan jy dus nog ’n jaar of twee moet wag voor jy Attack of the Clones of Revenge of the Sith op ’n grootskerm in 3D kan gaan kyk.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.