Hou vas! Jou wêreld kan verander as jy inskryf vir ons Boobjob-kompetisie!
ONS hou van boobs en ons wil iemand baie gelukkig maak met ’n nuwe paar buuste as hulle nie tevrede is met dit wat hulle het, of nié het nie.
Daarom kan jy weer dié jaar inskryf om ’n boobjob ter waarde van R45 000 te wen! Zandri Barnard was laas jaar se gelukkige wenner en sy en haar man is baie trots op haar nuwe bates. So, as jy of jou meisie of vrou ’n nuwe stel tieties benodig, moet jy inskryf.
Al wat ons van jou nodig het, is ’n foto van jou tweeling saam met die oorspronklike inskryfvorm wat jy elke week in Sondag kan kry. Die foto sal baie vertel, maar jy moet ook kan motiveer waarom jy dink jy die operasie die meeste nodig het.
As jy bang is dat jou baas of jou pa jou dalk gaan herken, moenie bekommer nie, want ons gebruik jou skuilnaam en jou gesig word nie ingesluit by die foto nie. Eers as jy wen, sal ons bekend maak wie jy is, want jy het dan mos iets om af te show!
Onthou, hierdie kompetisie is daar vir kosmetiese chirurgie en nie om enige wonde of skade te herstel nie. Dis bloot daar om tieties mooi te maak. Behalwe vir die uiteindelike prys van ’n boobjob, sal die ander finaliste ook groot pryse kan wen, so dit is vir seker die moeite werd om in te skryf.
Lesers moet dan ook stem vir hul gunstelingkandidate – diégene wat hulle dink dit die meeste verdien. Deur te stem kan jy boonop lekker pryse losslaan. Kry jou Sondag, knip daai inskrywingsvorm uit en stuur dit vir ons met jou foto’s en wie weet, dalk word jou drome van mooi buuste waar. Doen dit sommer nou!