Hy kom weer! Valiant Swart, die Mystic Boer, keer vanjaar terug Oppikoppi toe vir groot sports.
Hy is terug om weer hard geraas te maak by een van die feeste wat hy help begin het. Valiant Swart is een van die eerste ouens wat (saam met ouens soos Koos Kombuis) by Oppikoppi gaan jol het.
Al is hy dalk nie meer ’n jaarlikse instelling by die fees nie, kom hy nog so nou en dan terug om van sy mooiste tunes vir mense te speel. So, staan terug meisies, hier kom die Mystic Boer, ’n Oppikoppi-legende wat weereens vir die laaities kom wys hoe word dit gedoen.
Sondag het so ’n bietjie met hom gesels. Jy was twee jaar laas by Koppi vir ’n Valiant tribute. So, wat kan ons van vanjaar se show verwag?
Ek is geboek vir ’n solo-set. Dis ek en my akoestiese kitaar. Dis ’n oorsig van my ou gunstelinge wat veral die ouer crowd gaan ken.
Volledige berig in die koerant.