O hel! Genl-maj. Chris Ngcobo se laptop is gezoi.Foto: Foto24
Die cops se waarnemende spy chief, genl-maj. Chris Ngcobo, is kniediep in die moeilikheid en vrek bang dat sy base uitvind wat alles onlangs uit sy ampskar gesteel is.
Ngcobo en sy drywer het glo met ’n kleinhuisie vol uiters sensitiewe en hoogs geheime spy-dokumente in sy amptelike Ford Focus rondgery toe hy op 24 September vanjaar met ’n skok ontdek het dat sy staatsrekenaar, ’n Toshiba-skootrekenaar, nie meer in sy boot is nie.
Ngcobo is die man wat die fort moet probeer hou by die cops se bedenklike en korrupsie-deurdrenkte misdaadintelligensie-eenheid terwyl die geskorste hoof, Richard Mdluli, en sy ondersteuners veg om hom terug in sy kantoor te kry.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.