SLANKE LYNE: Die Alfa is ’n lus vir die oog.
’N GOEIE pel vertel my sy pa het hom afgeraai om te trou.
“As jy dan sonde en ellende in jou lewe móét hê,” het die pa gesê, “… koop dan liewer vir jou ’n Alfa!”
Jy gaan nie iemand kry wat sommer net die skouers optrek oor Alfa Romeo’s nie. ’n Oud-kollega, ’n man met ’n byna skandalige liefdesverhouding met sy Alfa Spyder, sou Alfa se eer met sy lewe verdedig. Maar ’n ander een het geloop en vertel ’n Alfa staan en breek sommer oornag in die garage. Alfas is vandag natuurlik heeltemal betroubaar, maar die onverdiende reputasie vir onbetroubaarheid plak soos een van daai einste Alfas om die draaie.
Dis amper so groot soos die Milaners se reputasie vir sportiewe rygoed.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.