Mapstieks! Die oulike Snezana Rodic was ’n wenner by die driesprong. ’n Wenner in die fotograwe se oë altans. Foto: Getty Images
Derduisende van die meer as 5 miljoen toeskouers wat ’n week terug – halfpad deur die Olimpiese Spele – deur die verskillende venues se hekke gestroom het, is daar om na daai sexy lywe te kyk.
Die meerderheid toeskouers is werklike sport-fans, maar ’n hele paar sportsoorte word net bygewoon om na die lywe te kyk. Veral die vroue is dolgelukkig, want daar’s altyd iets vir die oog – mans met stywe hemde en broeke en selfs gespierde lywe.
Die SA swemmer Cameron van der Burgh was een van die Evas se gunstelinge. Hy is luidkeels gecheer wanneer hy deur die water geklief het. Ook daai keer toe hy op die podium gestaan het om sy goue medalje te ontvang.
Volledige berig in die koerant.