Eugène Terre’blanche: Een van ou Knorrige Gert se boesem-vrinne. Foto: Theana Calitz
Dit gons op Ventersdorp oor ’n storie wat rondloop dat twee vooraanstaande boere die dinges uit mekaar gewetter het oor ’n skelmpie.
Die berugte AWB-dorpie is behoorlik aan die roer nadat een van die boere die ander ene se bediende glo op ’n lekker wegbreekvakansie geneem het. Daar word selfs vertel dat BEIDE die boere die bediende bykom. Sondag weet wie die betrokke boere is, maar weerhou hulle name op regsadvies.
Die een boer was nogal dik tjommies met die vermoorde AWB-leier, Eugène Terre’Blanche! Koos Vakansiehouer het blykbaar Knorrige Gert se bediende op ’n lekker skelm wegbreekvakansie gevat. Knorrige Gert het toe vir Koos Vakansiehouer gemoer dat die biesies bewe toe hy uitvind van die twee se trippie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.