Paadjies skei: Annie en Matt in gelukkiger dae.
Die jaar begin op ’n moeilike noot vir die sanger en akteur Matt Stern en sy vrou, Annie Roothman Smith.
Die paartjie se huwelik is op die rotse. Toe Sondag vir Annie nader om kommentaar was dit duidelik aan haar stem dat die kwessie nie vir haar maklik is nie. “Ons is besig om te skei,” het sy gesê. “Ons het dieselfde prokureur en is aangeraai om nie met die pers te praat nie.”Dit was duidelik dat sy nie vuil wasgoed in die openbaar wou was nie.
Die paartjie is tydens ’n spoggeleentheid in Oktober 2007 getroud. Die troue is ook op die televisieprogram Top Billing uitgesaai. Matt het veral bekendheid verwerf vir sy rol as die boef Kurt Conradie in die sepie 7de Laan op SABC2.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.