Dirk van der westhuizen – supercool: Die ou was skoon in die nuus die afgelope jaar, só swak is sy musiek.
HOE lyk die swakste musiekvideo’s in Afrikaans?
Daar’s ’n klomp ouens op Facebook wat begin het met hulle eie navorsing om dié vraag soos pro’s te kan beantwoord. Die groep se naam is: Maggies, maar dié video suig.
Enigiemand wat ’n lid is hier mag ’n YouTube-skakel post en enigiemand is dan ook geregtig daarop om kommentaar te lewer op die swakstes onder die swakkes.
En trust ons as ons vir jou sê hierdie groep is een van die Facebook-groepe met die meeste aktiwiteit.
Want veral in Afrikaanse geledere word musiekvideo’s gemaak van besondere lae kwaliteit en twyfelagtige smaak.
Iets wat jou sal maak kots as jy dit met ’n bangbabelas moet kyk.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.