Skaamteloos! Die twee meisies ruil sommer in die parkeerterrein toppies.
’n Sikoon van verwoesting is op pad om die KwaZulu-Natalse kus te tref, en daai sikloon staan bekend as SIKLOON MATRIEKULANTIA!
Terwyl die kroeg- en klubeienaars van Margate teen Vrydagaand nog in stilte vir dié sikloon gewag het, het
die storm reeds Donderdagaand in ander kusdorpe soos Ballito losgebars. Hier het die reuk van tienerseks en -testosteroon sommer dik in die lug gehang. ’n Kelnerin by ’n laatnag-eetplek in dié vertel: “Hulle het gisteraand (Donderdagaand) in hul hordes hier aangekom en bottels oor die balkon in die parkeerterrein gegooi. “Daar het net glas gelê.”
Met ons aankoms in dié rykmans-vakansieplek het Sondag gemerk
hoe ’n knaap byna sy kar omgegooi toe hy te vinnig om ’n verkeersirkel gejaag het. Hy was duidelik op pad na ’n klub genaamd Crush toe.
Volledige
storie in die koerant en die pdf-weergawe.