Ds. Denise Swart: Die aanvallige dominee.
DIE SEXY vroulike dominee van ’n NG-kerk in Klerksdorp het haar man by die pastorie uitgeskop en ’n verhouding aangeknoop met ’n man wat sy gehelp het om sy egskeiding te verwerk.
Die NG-sinode van die Wes-Transvaal het die aanvallige doom Denise Swart van die NG-kerk Flimieda in Klerksdorp skuldig bevind aan egbreuk met versagtende omstandighede.
Die gemeente is nou goed DIE DUIWEL IN vir hulle herder en die storie oor haar “lover”.
“Die gemeenskap is besig om haar met KLIPPE te bestook,” het ’n besorgde lid van die gemeenskap aan Sondag gesê.
’n Ander bron, ook ’n gemeentelid, is so bang dat dié doom, wat blykbaar permanent TWEE REGSKENNERS op standby het, haar gaan dagvaar omdat sy koerante toe gehol het.
Dis dié einste bron wat aanvanklik met die hele sak patats by Sondag uitgekom het.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.