Cowboys en kroeks: Lewis Hamilton (middel) kan vandag ’n stok in wiele steek van Sebastian Vettel (links) of Fernando Alonso (regs) se hoop om die F1-titel los te jaag. Foto: Reuters
Die Interlagos-baan in Brasilië is na José Carlos Pace genoem, wat in 1977 in ’n vliegtuigongeluk gesterf het toe hy op die drumpel was om een van F1 se grootste renjaers te word.
Brasilië is gek oor motorsport en spog met agt titels tussen Emerson Fittipaldi, Nelson Piquet en Ayrton Senna en 101 Grand Prix-seges tussen dié drie, asook Pace, Rubens Barrichello en Felipe Massa. In 2010 was daar drie aanspraakmakers op die titel toe Fernando Alonso met agt punte voor Mark Webber en 15 punte voor Sebastian Vettel in die laaste wedren in Aboe Dhabi aangetree het.
Vettel het dié wedren en sy eerste titel gewen en daarmee die jongste F1-kampioen geword nadat Alonso weens swak beplanning deur die Ferrari-ghoeroes nie genoeg spoed uit sy Ferrari kon kry om op die podium te eindig nie. Vanjaar is Vettel egter met 13 punte voor en dis amper die omgekeerde van 2010, maar dié keer was die Red Bull-karre deurgaans stukke vinniger as die Ferrari-karre.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.