SUPER-CHAMPS! Die Chiefs is 2012 se champs.Foto: Getty Images
Baie dinge het in gister se Superrugby-final teen die Sharks getel, maar uiteindelik is hulle deur ’n baie beter span geklop. Mens kan nie anders as om hartseer te voel vir die Sharks nie.
Hulle het die afgelope klompie weke uitstekend gevaar om die final te haal deur eers die Aussies se beste span, die Reds, en daarna Suid-Afrika se boonste span op die log, die Stormers, in hulle agterplase te klop. Maar dit sou altyd ’n ander storie gewees het om die Chiefs in Nieu-Seeland te klop – vlugflouheid of te nie.
Daai vlugfloute sou die hele tyd in hulle agterkoppe gewees het en mens kan dit verstaan as hulle in die laaste 20 minute nie meer so beweeglik op die veld was nie. Maar dit was asof hulle net genoeg asem gehad het om in die eerste 20 minute te jol.
Volledige berig in die koerant.