Smiley: Clyde Rathbone se team het gewen. Foto: Foto24
Die Superrugby-reeks het die naweek afgeskop met vier saai Aussie-spanne wat sake uitgespook het. Dit was wel die eerste games van die reeks, maar die Australiërs sal hulle sokkies moet optrek as hulle enigsins hond haaraf wil maak in die toernooi.
Die Rebels het die eerste game van die Superrugby-seisoen teen die Western Force met 30-23 gewen. Albei spanne het drie keer agter die pale gaan kuier, maar dissipline was weer die Force grootste vyand. Hulle het in die tweede helfte twee geelkaarte gekry.
Scott Higginbotham van die Rebels het ook ’n geelkaart gekry en kort daarna het die plaasvervanger Richard Brown die eerste drie vir die besoekers gedruk. Dit het die Rebels aangespoor om terug te baklei en Ged Robinson het ’n drie gedruk. Rustyd was hulle net een punt agter.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.