YSTER! Mouritz Botha is ’n steunpilaar vir die Souties in die lynstane en op die aanval. Foto: Getty Images.
Van ’n hansie-my-kneg tot ’n Roosdoring in die Bokke se vlees. Dit is hoe Mouritz Botha se paadjie tot binne-in die internasionale rugby-arena geloop het.
Hy sou tog nooit vir die Springbokke kon jol nie. Daarom is hy agt jaar terug Engeland toe, sê dié massiewe 30-jarige blondekop-slot, wat gister in die eerste rugbytoets teen die Bokke uitgedraf het.
Hy is in Vryheid in KwaZulu-Natal gebore en meen hy was nie in die regte skool om ooit vir enige van die sogenaamde groter spanne gekies te word nie.“Ek dink nie ek was in die regte skool nie. Mens het ’n beter kans om byvoorbeeld in die Cravenweek te speel as jy in ’n sogenaamde rugbyskool is. In die Kaap het ek nooit eers die Vodacombeker-span gehaal nie. ”
Volledige berig in die koerant.