Hy’s Myne! Die Sharks-kêppie, Keegan Daniel, maak seker hy wen vir sy span nog ’n bal. Foto: Getty Images
Vat vyf Sharks! Hel, dit was darem lekker om te sien hoe ’n Suid-Afrikaanse Super-span vir ’n slag ordentlike hardlooprugby jol.
Die Durbaniete het gister in Brisbane toe hulle die Superrugby-champs, die Reds, geklop het, verseker dat daar beslis ’n Suid-Afrikaanse span in vanjaar se Super-final gaan wees. Die sege van 30-10 beteken die Sharks jol Saterdag in Kaapstad teen die Stormers.
Dit sal die derde keer wees dat dié twee spanne vanjaar kragte meet en elkeen het al ’n game teen mekaar gewen.In Maart op Nuweland was die Sharks ongelukkig om met 15-12 teen die Kapenaars vas te val, maar hulle het daarvoor vergoed deur in Mei in Durban met 25-20 baas te wees.
Volledige berig in die koerant.